Banies het vennote met wie nou saamgewerk word, waaronder 'n spraakterapeut, arbeidsterapeut en sielkundige wat hul dienste by die skool gedurende skooltyd beskikbaar stel. Baie leerlinge het al baat gevind daarby. Kontak gerus mnr Henri Malan, ons departementshoof opvoedkundige leiding, by 011-896-5126. Al die leerlinge ontwikkel hul rekenaarvaardighede in ons moderne rekenaarsentrum. Brainy Kids is baie gewild en ons werk ook saam met die plaaslike Tina Cowley Leessentrum, Kumonsentrum en Jump Ahead.